Babbelbekkie - Laerskool Hennopspark

8
Bontstaan Klerewinkel
Uitgawe:
No: 3/2015
Datum:
Donderdag 29 Januarie 2015
PROGRAM VAN DIE WEEK
Donderdag
29 Januarie
(Ingang: Hek 4 in Blackwoodstraat)
Tye:
Maandae tot Vrydae:
07:10 – 07:45
Maandae tot Donderdae: 12:45 – 13:50
Melanie Geldenhuys
(Sel: 0836547947)
Angels @ Hennops
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal
met Angels as verwysing. Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos
aan die behoeftige leerders van ons skool.
U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur.
Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.
Graad
Graad R
Graad 1’s
Graad 2’s
Graad 3’s
Graad 4’s
Gr 5’s en Gr 6’e
Graad 7’s
Alle Grade
Voorstelle wat om te bring
Enige nie-bederfbare produk
Ontbytpap: Enige mieliemeel, Oats of graankosse
Long Life Melk en/of Tee
Suiker en/of Koffie
Rys, Pasta, Soppoeiers
Blikkieskos, alle groente en vleis en koekmeel
Toiletbenodigdhede: Seep, tandepasta, sjampoe,
toiletpapier
Finansiële bydrae
Vrydag
30 Januarie
Sondag
1 Februarie
Maandag
2 Februarie
Dinsdag
3 Februarie
Woensdag
4 Februarie
Donderdag
5 Februarie
Vrydag
6 Februarie
Atletiek teen Wierdapark – weg
Gr R atletiek en Kenmekaardag
Gr 1 kom 12:00 uit
Swem: Friendly Friday Relay
Gr R Fotodag
Laaste dag wat Gr 1’s 12:00 uitkom
Blougolfraad Kerkdiens by Doxa Deo Raslouw – 17:00
Voortrekkers: Span vergadering no 2: 17:00 – 18:15
Tennisligas
0/13 Hokkieproewe
Netbalproewe
Redenaars Intern finaal
Snr en Jnr Koor: Begin oefen
Netbalproewe
Toastmasters
Ainos oudisies (Gr 4 – 7): 15:00 – 16:00
Netbalproewe
Snr en Jnr Koor: Begin oefen
Netbalproewe
Swem: Friendly Friday Relay
Netbalproewe
Gelukwensing:
Verjaarsdae:
Donderdag 29 Januarie: mev Adri van Noordwyk
Sondag 1 Februarie – mev Petro Pankhurst
Maandag 2 Februarie – mev Sandra de Villiers
Donderdag 5 Februarie – mev Karin Lourens
2
Uit die Kantoor
van die beste skool in die Wêreld
Gewoonlik het ek ‘n groot probleem met die interpretasie van data. Ek vra myself altyd af wat
presies die kriteria was om te bepaal wie of wat die beste was in ‘n spesifieke ding.
Wanneer die minister van Basiese Onderwys aankondig dat die Skool X die topskool in
Gauteng was daardie spesifieke jaar, hoop ek altyd dat daar daardie jaar gekyk is na al die
veranderlikes – die grootte van die Matriekklas, die hoeveelheid vakonderskeidings per
leerder, die gemiddelde van die skool vir die betrokke vak, die toeganklikheid en moontlikheid
van tegnologie vir die leerlinge, die grootte van klasse, die ekonomiese welvaart van die
gemeenskap, ensovoorts. Eers wanneer al die veranderlikes in ag geneem is en verwerk is,
kan ons begin praat van ‘n hiërargiese orde, waartydens skole se sukses, al dan nie,
uitgebasuin word. Eers wanneer ons appels met appels vergelyk.
Maar by die laerskoolstelsel was daar nog nooit ‘n meetinstrument wat ons kon aanwend om
ons eie waarde te meet nie. Tot nou.
Die Gauteng Departement van Onderwys het die afgelope week die ANA-uitslae
bekendgemaak, en die skole se uitslae gepubliseer. Vir die eerste keer ooit is daar ‘n manier
om ons akademiese waarde te bepaal in vergelyking met al die ander skole.
Dit maak my trots om te sê dat Laerskool Hennopspark se Graad 3-uitslae in Geletterdheid
(Afrikaans Eerste Taal) hulle as Gauteng se topskool laat aanwys het (die gemiddeld van
ons skool was 89.45%, vergeleke met Gauteng s’n van 58%). Laerskool Hennopspark is
ook Gauteng se topskool in Wiskunde, met ‘n gemiddeld van 88.72%. Die Departement se
gemiddeld is 60%. Die skool in die tweede plek is ‘n volle persentasie agter ons.
Ek deel graag met u die volgende statistiek in tabelvorm:
VAK
NASIONAAL
GAUTENG
HENNOPSPARK
Afrikaans
52%
58.4%
89.45%
Huistaal
Wiskunde
51.3%
60.3%
88.72%
Wat vir my besonder aangenaam was om raak te sien, is dat die ander skole in Centurion ook
hoog op die lys verskyn. Dis darem lekker om te weet dat al die skole in Centurion werk van
hoogstaande gehalte lewer.
Enkele ander interessante stukkies statistiek:
#Die Nasionale gemiddeld vir Wiskunde in Graad 9, is 11%. Die beste skool in Gauteng se
gemiddeld is slegs 53%! Die skool in die tiende plek in Gauteng se gemiddeld is 35%. Daar is
4 skole in Pretoria wie se gemiddeld laer as 4% is.
#Die Nasionale gemiddeld vir Afrikaans Huistaal in Graad 9, is 48%. Darem maar skokkend
om dit te sien, aangesien die huistaal die taal is waarin ons kinders lees, skryf en leer. Ek
was beïndruk met die vraestelle in Huistaal, omdat dit regtig begrip in Lees getoets het. As
ek egter na die uitslae kyk, is dit duidelik dat daar ‘n groot probleem by baie skole is wat dit
aanbetref.
Ons as personeel is tevrede met dit wat ons vermag het in ‘n gestandardiseerde toets. Ons
weet ook dat dit nie die mees wetenskaplik-gefundeerde resultate is nie, maar ons
interpreteer dit tog steeds, en identifiseer spesifieke knelpunte wat aandag moet geniet.
Wees asseblief verseker dat Laerskool Hennopspark sal aanhou streef na uitnemendheid op
alle gebiede, maar spesifiek op akademiese gebied.
7
TERREINDIENS:
Personeel aan diens:
Datum
2 – 6 Februarie
Blackwood
Mopaniestraat
Rhoda Andrews
Nolene Theron
SKOLIERPATROLLIE AAN DIENS
Datum
Blackwood
Eloff Vermeulen Gr 6O
2 – 6 Feb
Trevan Lang
Gr 6N
Volker Steyn
Gr 6P
Marni Jordaan
Gr 6S
Maandag
2 Feb
Macaroni & Kaas
R20
(Koskas sluit
14:00 vir
voorraadopname)
9 Feb
Mopaniestraat
Marnel Piekaar
Helen Wessels
Mia Roux
Lianka J van Vuuren
Gr 6K
Gr 60
Gr 6N
Gr 6S
Dinsdag
3 Feb
Woensdag
4 Feb
Donderdag
5 Feb
Rib Burger
Bobotie
en Rys
Nuggets &
Chips
R20
10 Feb
R20
11 Feb
R20
12 Feb
Spaghetti
Bolognaise
Chicken
Lasagne
Cottage
Pie
Worsies&
Chips
R20
16 Feb
R20
17 Feb
R20
18 Feb
R20
19 Feb
Hoender
Stir-fry
Hamburgers
Bief Lasagna
R20
24 Feb
Vetkoek en
Maalvleis
R20
25 Feb
Hoender
Pastei
Visvingers &
Chips
R20
26 Feb
Hot Dogs
En Chips
Chicken
Burger
20 Feb
Doughnuts –
R5
Pizza’s
R20
27 Feb
Hoender
Wrap
R20
R20
R20
R17
23 Feb
Hoender en Ham
Gereg
R20
NUWE ITEMS OP SPYSKAART:
Vrydag
6 Feb
Doughnuts
R5
Boerewors
Rolle
R20
13 Feb
Dougnuts –
R5
Eier Mayonaise vars broodjie
Hoender Rys en mango Slaai
(Nota: Die spyskaart kan gewysig word op grond van beskikbaarheid van produkte)
6
3
Bontstaan Klerewinkel
Vanaf die Beheerliggaam
Hoe belangrik gaan Maart 2015 vir Hennops wees?
Moet asseblief nie belangstelling verloor wanneer u begin insien waaroor hierdie
artikel gaan nie. U sien, hierdie artikel is baie belangrik. Baie van ons skakel af
wanneer ons net die woord Beheerliggaam hoor of sien. Om van die verkiesing van
een nie eens te praat nie. Moet asseblief nie ophou lees nie, hou aan lees.
Daar is ‘n landswye tendens oor die laaste paar jaar van verminderde betrokkenheid
by die verkiesing van Beheerliggame. Dit is nie goed nie. Ek dink bv. aan die geval
waar ‘n minderheidsgroep juis so ‘n geleentheid van onbetrokkenheid gebruik het
om hulself in te stem, en toe drastiese beleidsveranderinge deurgedruk het. Dit gaan
nie daaroor of hul reg of verkeerd opgetree het nie, dit gaan daaroor dat as ek nie
betrokke is nie, kan ek beheer verloor. Ek kan myself net indink hoe ‘n ouer moes
voel wat van die kultuur en beleide van die skool gehou het, en nou skielik hulle
voete van vooraf moet vind. Raak betrokke, dit is u kind se skool, en u kind se
toekoms.
Sonder ‘n goeie Beheerliggaam is ‘n skool, en daarom ook u kind, aan baie risiko’s
blootgestel. Gaan kyk maar in die media en onderskeie hofsake, daar is baie
voorbeelde daarvan. Ons wil graag elkeen van u betrokke hê by die verkiesing van
die volgende Beheerliggaam, want dit is belangrik dat u stem gehoor word. Nog
meer as dit, wil ons so veel moontlike kandidate werf vir die volgende
Beheerliggaam. Elkeen van u kan ‘n verskil maak.
Ons sal vorentoe meer duidelikheid verskaf oor wat die funksies van ‘n
Beheerliggaam is, asook die proses om een te verkies. Ons gaan u ook inlig oor die
verkiesingsdatum, en waar dit sal plaasvind. Ons vertrou dit sal u help om kandidate
te nomineer en te identifiseer. Ons vertrou dit sal u help, om betrokke te wees by die
verkiesing.
Sportbeleid
Die Sportbeleid vir 2015 lê ter insae by mev Alta Coetzee in die Hoof se
ontvangsarea vir die tydperk 26 Januarie tot 24 Februarie. Skriftelike
kommentaar kan in die tydperk gestuur word aan
[email protected]
Pieter van Sittert
Tel: 083 4494176
[email protected]
Liewe Ouers
1.
Stuur asb u kinders met ‘n koevert – duidelik gemerk met wat u wil hê hulle
moet koop! Ek kan hulle nie help sonder die item wat hulle moet koop en
die bedrag wat u in die koevert gesit het nie. Ek neem geen
verantwoordelikheid as u kind verkeerde goed koop nie.
2.
Indien u iets wil ruil moet dit in die sakkie met “tag” aan, teruggebring word.
3.
Ek gaan geen navrae van ‘n kind hanteer sonder ‘n briefie van u nie – veral
nie as u pryse wil hê op klere nie. Stuur asb ‘n briefie met al die items dan
kan ek vinnig pryse langsaan vir u skryf.
4.
Geen oproepe of boodskappe sal voor 8:00 vm of na 5.00 nm (17:00)
beantwoord word nie. As u meer as een ding wil weet, skakel my. ‘n Lang
sms en/of meer as een vat baie lank om te beantwoord. Skakel my asb, dit
is baie vinniger.
5.
Moet asb nie u kind in die winkel inbring met eetgoed nie – VERAL NIE
roomys nie. Dit is ‘n Klerewinkel en die klere kan nie vuil word nie.
6.
te
Help my ook asb om die items wat u kind aangepas het, terug in die sakkie
sit. Dit moet netjies bly vir die volgende persoon om te koop.
Pyse:
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
Rugbybroeke – R120
Blougolfhempies – R70
Sportbroeke – R90
Skoolrokke – vanaf R240
Skoolkouse – R30
Drimac’s vanaf R250
Katoen skibroekies – R50
Lycra skibroekies – vanaf R95