VRAELYS

Donderdag, 13 November 2014]
48
[No 7—2014] EERSTE SESSIE, VYFDE PARLEMENT
NASIONALE RAAD VAN
PROVINSIES
————————————————————————
VRAELYS
————————————————————————
LET WEL:
1.
† Dui vertaalde weergawe aan.
2.
Ì Dui ʼn vraag vir mondelinge beantwoording aan.
3.
Prioriteit van vrae mag verander.
4.
Ingevolge Reël 246(4) van die NRVP mag nie meer as ses vrae vir mondelinge
beantwoording ten opsigte van enige enkele staatsdepartement op enige bepaalde
dag aan ʼn Minister gestel word nie. Vrae wat meer as die kwota is wat ontvang
word, sal derhalwe nie op die Vraelys verskyn nie.
Inhoudsopgawe
Minister van Kommunikasie ........................................................................................................ 49, 50
Minister van Landbou, Bosbou en Visserye ...................................................................................... 49
Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming....................................................... 52, 53
Minister van Minerale Bronne ..................................................................................................... 51, 52
Minister van Omgewingsake ....................................................................................................... 50, 51
Minister van Openbare Ondernemings .............................................................................................. 52
Minister van Telekommunikasie en Posdienste ................................................................................. 54
Minister van Wetenskap en Tegnologie............................................................................................. 53
VRAELYS: NASIONALE RAAD VAN PROVINSIES NO 7 ─2014
49
[Donderdag, 13 November 2014
VRAE VIR MONDELINGE BEANTWOORDING
DONDERDAG, 13 NOVEMBER 2014
EKONOMIES – Groep 4b
Eksterne Beursskema/Program vir Proefopleiding en Internskap
Ì210. Me E Prins (ANC-WK) vra die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye:†
(a) Hoeveel belê is in studente wat vir verskillende grade binne die geïdentifiseerde
kategorieë vir skaarsvaardighede in ooreenkoms met die Eksterne Beursskema en die
Program vir Proefopleiding, Internskap en Professionele Ontwikkeling (besonderhede
verstrek) sedert 2013 studeer en (b) hoeveel (i) beurse toegeken is en (ii) leerlingwerkers in
sy departement en landbou organisasies geplaas is?
CO383A
Akwakultuurplase
Ì225. Mnr C F B Smit (DA-Limpopo) vra die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye:†
Aan watter soorte varswatervis sy departement vir teeldoeleindes deur middel van
CO400A
akwakultuurplase oorweging skenk?
Huur van Staatswoude
Ì226. Mnr V E Mtileni (EVV-Limpopo) vra die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye:†
(1)
Wat die waarde van die huurooreenkomste is wat met sekere maatskappye
(besonderhede verstrek) in verband met die Staatswoude in die Distriksmunisipaliteit
Amathole in die Oos-Kaap gesluit is;
(2)
of, inaggenome die geskiedenis van grondonteiening, die huurooreenkomste swart
persone benadeel wat steeds daarvan uitgesluit word om dié woude te benut ten
spyte van grondeise wat daarop ingestel is; so nie, wat die posisie in dié verband is;
so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
CO401A
Ingryping deur Nasionale Tesourie/Ouditeur-generaal
Ì214. Me E Prins (ANC-WK) vra die Minister van Kommunikasie:†
(1)
Met betrekking tot haar departement se versoek aan die Nasionale Tesourie en die
Ouditeur-generaal betreffende hul ingrypingsmaatreëls vir die invordering van die
uitstaande bedrag (besonderhede verstrek), (a) wat die jongste ontwikkeling
betreffende dié aangeleentheid is en (b) wat die naam van die betrokke
diensverskaffer is;
(2)
of haar departement oor ʼn invorderingstrategie beskik; so nie, waarom nie; so ja, wat
die tersaaklike besonderhede is?
CO388A
VRAELYS: NASIONALE RAAD VAN PROVINSIES NO 7─2014
Donderdag, 13 November 2014]
50
Personeel bonusse by SAUK
Ì215. Me E Prins (ANC-WK) vra die Minister van Kommunikasie:†
(1)
Watter maatstawwe deur haar departement toegepas is om bonusse ter waarde van
ongeveer R2.8 miljoen aan personeel by die SA Uitsaaikorporasie uit te betaal;
(2)
of haar departement ʼn uiteensetting sal gee van die (a) werknemers en (b) bedrae wat
vir elke salarisband ontvang is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike
besonderhede is?
CO389A
Onafhanklikheid van uitsaaihuise
Ì232. Dr Y C Vawda (EVV-Mpumalanga) vra die Minister van Kommunikasie:†
(1)
Of, in die lig van die beweerde finansiering van e.tv deur die Departement van
Ekonomiese Ontwikkeling (besonderhede verstrek), dit eties is vir die Regering om
in te meng by die uitsaaihuise se onafhanklikheid; so nie, wat die posisie in dié
verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
(2)
of finansiering deur die Regering met redaksionele besluitneming ten opsigte van die
inhoud van dokumentêre programme sal inmeng; so nie, wat die posisie in dié
CO407A
verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
Renosterstroping
Ì206. Mnr A S Singh (ANC-KZN) vra die Minister van Omgewingsake:†
(1)
Of, gegewe die toename in renosterstroping die afgelope paar jaar, haar departement
of die Regering sy benadering en strategieë hersien het om renosterstroping te
bekamp en te beveg; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
(2)
of haar departement of die Regering enige private veiligheidsmaatskappye, private
organisasies of organisasies sonder winsoogmerk by die bekamping van stroping in
Suid-Afrika betrek het; so nie, waarom nie; so ja, (a) hoe sodanige organisasies
deelneem aan dié veldtog om die stroping van renosterhorings te bekamp en (b) wat
die verdere tersaaklike besonderhede is?
CO378A
Bekamping van renosterstroping
Ì207. Mnr A S Singh (ANC-KZN) vra die Minister van Omgewingsake:†
(1)
Of haar departement of die Regering enige bystand en hulp van buitelandse skenkers
ontvang het om renosterstroping te bekamp; so nie, wat die standpunt in dié verband
is; so ja, wat die aard van die bystand en hulp is;
(2)
of sodanige bystand enige kontant ingesluit het; so nie, wat die standpunt in dié
verband is; so ja, wat die vereistes vir finansiering deur die onderskeie skenkers is;
(3)
of haar departement al dié geld bestee het; so nie, waarom nie; so ja, wat die
tersaaklike besonderhede is;
VRAELYS: NASIONALE RAAD VAN PROVINSIES NO 7 ─2014
51
(4)
[Donderdag, 13 November 2014
of haar departement dit oorweeg het om vir buitelandse hulp te vra in die stryd teen
stroping; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
CO379A
Wettiging van handel in renosterhoring
Ì209. Mnr M I Rayi (ANC-OK) vra die Minister van Omgewingsake:†
(1)
Of haar departement die uitwerking van die toename betreffende die onwettige
verkoop van renosterhorings geëvalueer het; so nie, waarom nie; so ja, wat die (a)
resultate, (b) redes, (c) oplossings en (d) gebiede is wat die meeste geraak word in
dié verband;
(2)
of haar departement die wettiging van handel in renosterhoring sal oorweeg om die
probleem van renosterstroping wat deur die swart mark vererger word teë te werk; so
CO381A
nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
Werkgeleenthede vir die jeug
Ì211. Me E Prins (ANC-WK) vra die Minister van Omgewingsake:†
(a) Hoeveel werkgeleenthede in elke provinsie in ooreenstemming met die program
Jeugwerkgeleenthede in Afval (besonderhede verstrek) geskep is en (b) watter soort
CO384A
werkgeleenthede vir die jeug by die opvullingsterreine geskep is?
Algoabaai-visboerdery
Ì221. Me C Labuschagne (DA-WK) vra die Minister van Omgewingsake:†
(1)
Of die terrein wat deur haar departement vir die voorgenome Algoabaai-visboerdery
uitgekies is deur die konsultant se verslag vooropgestel is; so nie, op watter
grondslag dit deur die konsultante afgekeur is; so ja, op watter grondslag dit
uitgekies is;
(2)
of ʼn evaluering van ekonomiese uitwerking van die boerdery op toerisme en ander
nywerhede in Nelson Mandela-baai gedoen is; so nie, waarom nie; so ja, wat die
CO396A
tersaaklike besonderhede is?
Besoedeling in Nylsvley-rivierstelsel
Ì223. Mnr C F B Smit (DA-Limpopo) vra die Minister van Omgewingsake:†
Wat die huidige besoedelingsvlak in die Nylsvley-rivierstelsel en Natuurreservaat gebied in
die munisipaliteit Mookgophong in Limpopo is?
CO398A
Onwettige mynwerkers
Ì218. Me B S Masango (DA-Gauteng) vra die Minister van Minerale Bronne:†
Hoeveel onwettige mynwerkers daar tans in Suid-Afrika is?
CO393A
VRAELYS: NASIONALE RAAD VAN PROVINSIES NO 7─2014
Donderdag, 13 November 2014]
52
Oordragprysing/basiserosie
Ì234. Me L Mathys (EVV-Gauteng) vra die Minister van Minerale Bronne:†
(1)
Of sy departement die bewerings van oordragprysing en basiserosie deur ʼn sekere
maatskappy (naam verstrek) sal ondersoek; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer en
(b) wat die verdere tersaaklike besonderhede is;
(2)
of hy in kennis gestel is van hoe algemeen dié verskynsel is; so nie, wat die posisie
in dié verband is; so ja, wat die uitwerking daarvan op die Suid-Afrikaanse ekonomie
is?
CO409A
Lugvaartbeleidsraamwerk
Ì222. Me C Labuschagne (DA-WK) vra die Minister van Openbare Ondernemings:†
Of haar departement ʼn ‘Hele Staat’ Lugvaartbeleidsraamwerk het; so nie, waarom nie; so ja,
(a) wanneer die beleid toegepas sal word en (b) hoe dit die SA Lugdiens sal affekteer?
CO397A
Verhouding tussen departemente
Ì230. Me T J Mokwele (EVV-NW) vra die Minister van Openbare Ondernemings:†
Met verwysing na alle eenhede wat onder onderskeie departemente (besonderhede verstrek)
ressorteer, (a) wat die werkende verhouding tussen haar departement en ander departemente
is ten einde goeie staatsbestuur van dié eenhede te verseker en (b) oor watter meganismes
beskik word ten einde (i) deursigtigheid te verseker en (ii) swak finansiële bestuur van dié
eenhede te vermy?
CO405A
Okkupasiesertifikate
Ì216. Mnr L B Gaehler (UDM-OK) vra die Minister van Landelike Ontwikkeling en
Grondhervorming:†
Wanneer die okkupasiesertifikate vir die (a) Mamba-, (b) Zimbane-gemeenskappe en (c)
Kwa-Lindile Trustplaas uitgereik sal word (besonderhede verstrek)?
CO391A
Nasionale Landelike Jeugdienskorps
Ì219. Me B S Masango (DA-Gauteng) vra die Minister van Landelike Ontwikkeling en
Grondhervorming:†
Hoeveel jeugdiges by die Nasionale Landelike Jeugdienskorpsinisiatief sedert sy ontstaan in
elke provinsie ingeskryf is?
CO394A
VRAELYS: NASIONALE RAAD VAN PROVINSIES NO 7 ─2014
53
[Donderdag, 13 November 2014
Vordering met grondeis
Ì224. Mnr C F B Smit (DA-Limpopo) vra die Minister van Landelike Ontwikkeling en
Grondhervorming:†
Wat die huidige vordering met betrekking tot die grondeis by die Matabeleng-nedersetting
CO399A
in die Plaaslike Munisipaliteit Mogalakwena is?
Grondhersteleise
Ì227. Dr Y C Vawda (EVV-Mpumalanga) vra die Minister van Landelike Ontwikkeling en
Grondhervorming:†
(1)
(a) Hoeveel sy departement sal benodig ten einde alle grondhersteleise af te handel
wat gedurende die eerste fase van grondeise ingestel is en (b) hoe lank dit sy
departement sal neem om alle ingestelde eise af te handel;
(2)
of, met verwysing na die doelwit van 30% vir die herverdeling van grond aan
swartmense (besonderhede verstrek), sy departement ʼn nuwe tydraamwerk vir dié
doelwit bepaal het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die nuwe
doelwit is;
(3)
of die Regering uiteindelik erken het dat sy benadering tot grondhervorming wat
apartheidonteienings wettig, nooit sal werk nie; so nie, wat die posisie in dié verband
is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
CO402A
Raad vir Geowetenskap
Ì217. Me B S Masango (DA-Gauteng) vra die Minister van Wetenskap en Tegnologie:†
Wat die huidige stand van infrastruktuur by die Raad vir Geowetenskap is?
CO392A
Square Kilometer Array-projek
Ì228. Mnr L G Mokoena (EVV-VS) vra die Minister van Wetenskap en Tegnologie:†
(1)
Wat die persentasie Suid-Afrikaanse wetenskaplikes is wat tans werk aan die Square
Kilometer Array wat in die Noord-Kaap (besonderhede verstrek) gebou word;
(2)
of die projek aan (a) die jeug en (b) diegene wat in landelike gebiede woon
geleentheid tot studies en beurse sal bied; so nie, waarom nie; so ja, wat die
CO403A
tersaaklike besonderhede is?
Vernuwende wetenskapprojekte
Ì233. Mnr M A Matebus (EVV-NK) vra die Minister van Wetenskap en Tegnologie:†
(a) Wat haar departement se prioriteite betreffende die land se nywerheidsambisie in die
boekjaar 2014-15 is en (b) hoeveel vernuwende wetenskapprojekte tans deur haar
departement gefinansier word?
CO408A
VRAELYS: NASIONALE RAAD VAN PROVINSIES NO 7─2014
Donderdag, 13 November 2014]
54
Staking in die posdienste
Ì212. Me L L Zwane (ANC-KZN) vra die Minister van Telekommunikasie en Posdienste:†
Of die Regering oor enige meganismes beskik ten einde die geskille betreffende die
posdiensstaking by te lê en te verseker dat diegene wat op ʼn voortgesette grondslag die
posdienste-infrastruktuur vernietig voor die gereg gebring word; so nie, (a) waarom nie, (b)
waarom dit so lank geneem het om die geskille betreffende die staking by te lê en (c)
hoeveel persone tot dusver weens die vernietiging van en/of vandalisme aan die posdiensteinfrastruktuur in hegtenis geneem is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
CO385A
Nuwe lewe in Posbank
Ì213. Me T K Mampuru (ANC-Limpopo) vra die Minister van Telekommunikasie en
Posdienste:†
Of sy departement oor enige maatreëls beskik om nuwe lewe in die Posbank te blaas (a)
sodat dit die voorkeurbank vir alle landsburgers kan word en (b) ten einde te verseker dat dit
met ander bankinstellings meeding; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike
CO386A
besonderhede is?
SA Poskantoor
Ì220. Me B S Masango (DA-Gauteng) vra die Minister van Telekommunikasie en
Posdienste:†
Wat die uitdagings is wat huidiglik deur die SA Poskantoor ondervind word?
CO395A
Finansiële bestuur by SA Poskantoor
Ì231. Mnr L G Mokoena (EVV-Vrystaat) vra die Minister van Telekommunikasie en
Posdienste:†
(1)
(a) Wat is die proaktiewe plan om behoorlike finansiële bestuur by die SA
Poskantoor te verseker en (b) wat is die redes dat personeel nie permanent aangestel
word nie;
(2)
of die 170 sake teen werkers wat gedurende die nywerheidsoptrede by die polisie
aangemeld is ʼn bedreiging inhou vir die reg om te betoog; so nie, wat die posisie in
dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
(3)
of sy departement tans ondersoek instel na die bewerings dat mobiele telefoon
operateurs persoonlike inligting aan ander bemarkingsmaatskappye verskaf; so nie,
waarom nie; so ja, (a) wat die boete sou wees indien daar bevind sou word dat
sodanige bewerings waar is en (b) wat die verdere tersaaklike besonderhede is?
CO406A
Vraag vir mondelinge beantwoording oorgeplaas vir skriftelike beantwoording ingevolge Reëls
246(4)
Ì229. Mnr M A Matebus (EVV-NK)—Omgewingsake.† [Reël 246(4)]
VRAELYS: NASIONALE RAAD VAN PROVINSIES NO 7 ─2014