AFRIKAANS BUDGET 2014 n Gesamentlike publikasie van die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ISSUED BY: National Treasury: Tel (012) 315 5757 SARS: Tel 0800 007 277 www.treasury.gov.za | www.sars.gov.za national treasury Department: National Treasury REPUBLIC OF SOUTH AFRICA WAT IS DIE BEGROTING Jaarliks, gedurende Februarie, kondig die Minister van Finansies die regering se spanderings-, belasting-, en leningsplanne vir die volgende drie jaar aan. Dit word die Nasionale Begroting genoem. Die Nasionale Begroting verdeel geld tussen nasionale departemente, provinsies en munisipaliteite. BEGROTING FOKUS OP EKONOMIESE GROEI D ie 2014 Begroting fokus op ingrypings wat daarop gemik is om die ekonomie op ‘n nuwe groeibaan te plaas. Die Regering se hoofoogmerk, soos in die Nasionale Ontwikkelingsplan uiteengesit, is om reële ekonomiese groei na tussen 5 en 6 persent per jaar te verhoog. Hierdie hoër vlak van ekonomiese groei sal inkomste ’n hupstoot gee en die regering in staat stel om die hoeveeheid geld te verhoog wat spandeer word om mense se lewens te verbeter, deur werkloosheid, armoede en ongelykheid aan te spreek. Die ekonomie het teen ’n beraamde 1.8 persent in 2013 gegroei. Toestande in die land, tesame met die stadige herstel van die wêreldekonomie, het ’n verlangsaming in produksie en indiensnemingsgroei tot gevolg gehad. Die ekonomie sal na verwagting met 2.7 persent in 2014 groei en 3.5 persent in 2016 bereik. Verskeie faktore sal hierdie verwagte verbetering ondersteun. Besteding deur die Staat op infrastruktuur - na verwagting R847.3 miljard oor die volgende drie jaar – behoort vertragings in die voorsiening van elektrisiteit en vervoer 2 Minister se boodskap 20 Jaar van vryheid 3. Maatskaplike besteding 4. Maatskaplike toelaes 1. 2. te verminder en privaat beleggings aan te moedig, terwyl sterker indiensnemingsgroei huishoudelike besteding sal ondersteun. Suid- Afrika behoort ook baat te vind by verbeterde uitvoergeleenthede wat deur beter globale vooruitsigte geskep word. WAT DIE BEGROTING VIR JOU BETEKEN • NYWERHEIDSHULP R10.3 miljard sal bestee word aan vervaardigingontwikkelingsaansporings; R15.2 miljard vir die ekonomiese mededinging- en ondersteuningspakket vir besighede; R3.6 miljard vir werkskepping in spesiale ekonomiese sones. INFRASTRUKTUUR Die regering is daartoe verbind om in infrastruktuur te belê wat lewensomstandighede verbeter. In 2014, byvoorbeeld, sal daar R11 miljard aan die Passasier Spooragentskap betaal word vir nuwe treine en die opgradering van sinjaalinfrastruktuur. • WERKSKEPPING Die regering streef daarna om in die volgende 5 jaar 6 miljoen werksgeleenthede deur die Uitgebreide Openbare werkeprogram te skep, teenoor die 4 miljoen in die vorige 5 jaar. ONDERWYS EN OPLEIDING Besteding op onderwys is hoër as enige ander kategorie. R78 miljard sal oor die volgende drie jaar aan universiteitsubsidies bestee word en R34.3 miljard vir die oprig van skole. BEKAMPING VAN KORRUPSIE Werk deur die Hoof Voorsieningsbeampte om die voorsieningstelsel te hervorm en te verseker dat geld met omsigtigheid bestee word, het in alle erns begin. Hierdie pogings is daarop gemik om korrupsie te bekamp. 3 1. LANDBOU ONDERSTEUNING Die Landboubeleidaksieplan sal die NOP se mikpunt van werkskepping in die landbou ondersteun. Die regering sal meer as R7 miljard tov toelaes aan provinsies bestee om ongeveer 435 000 bestaansboere en 54 500 kleinboere by te staan. Primêre gesondheidssorg 2. Werkskeppingsinisiatiewe 3. Waar geld vandaan kom 4. Hoe sal dit bestee word 4 1. DIE VERWAGTE STERK GROEI IN SUBSAHARA-AFRIKA SAL HELP OM SUID-AFRIKA SE EKONOMIESE VOORUITSIGTE OOR DIE VOLGENDE DRIE JAAR TE VERBETER Die oprigting van nuwe en die opgradering van bestaande infrastruktuur - wat die uitbreiding van elektrisiteitsvoorsiening, belegging in geïntegreerde openbare vervoer netwerke en die rehabilitasie van die land se vyf groot wateroordragskemas insluit – is die middelpunt waarom die regering se beplanning draai. Suid-Afrika sal ook voordeel trek uit die aktiewe uitbreiding van handel en beleggings in die Afrika-kontinent. Die verwagte sterk groei in subSahara-Afrika sal help om Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte oor die volgende drie jaar te verbeter. Die regering sal dus toenemend sy beleid rig om ekonomiese integrasie met die Afrika-kontinent te ondersteun. Belastingverligting 2. Kleinsake-ondernemings Belastingtoegewings vir spaarplanne 3. Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids 50c per sms 1 BUDGET 2014 Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids BOODSKAP VAN DIE IMPAK VAN MAATSKAPLIKE BESTEDING MINISTER Maatskaplike besteding beskerm lae inkomste huishoudings en is ʼn instrument om armoede te verlig. SKOLE Die regering sal 433 skole oor die volgende 3 jaar herbou. 60 persent van skole hef nie skoolgelde nie en in 2014 sal 8.8 miljoen leerders toegang tot vry onderrig hê. ‘N TROTSE NASIE: G edurende die afgelope 20 jaar het ons merkwaardige vordering gemaak. Ons het staatsfinansies gestabiliseer en beleid geïmplementeer wat bygedra het tot die verbetering in die lewensomstandighede van baie. Hierdie beleid was bestand genoeg om skokke soos die globale ekonomiese en finansiële krisis wat gedurende 2008 en 2009 ondervind is, te weerstaan. Sedert 1994 het ons ekonomie met meer as 80 persent uitgebrei, wat hulpbronne gegenereer het wat dit vir die regering moontlik gemaak het om die voorsiening van openbare dienste uit te brei. Die regering kon, onder andere, maatskaplike toelae betalings uitbrei na meer as 15 miljoen mede Suid-Afrikaners, waarvan die meerderheid kinders en senior burgers is. Die regering het ook meer as 2.7 miljoen huise gebou en het die aantal huishoudings wat toegang tot elektrisiteit, skoon water en beter sanitasie het, aansienlik verhoog. Die groter ekonomie het ook werksgeleenthede geskep, duidelik nie genoeg om die groeiende aantal nuwe werksoekers te akkommodeer nie. Hierdie jaar se begroting voorsien steeds hulpbronne ter ondersteuning van maatskaplike besteding, werkskepping en infrastruktuur, wat die lewensomstandighede van ons mense sal verbeter. Belegging in infrastruktuur sal die koste verminder vir besighede om goedere binne Suid-Afrika en vir die uitvoermarkte te verskuif. Ons voorsien meer fondse vir die bou van huise, opgradering van paaie en die verbetering van gesondheidssorg en die fasiliteite (klinieke en hospitale) waarin hierdie sorg voorsien word. 2 20 JAAR VAN VRYHEID Die Suid-Afrikaanse ekonomie het oor die afgelope twee dekades getransformeer. Ten spyte van betekenisvolle probleme wat ons in die gesig staar, is Suid-Afrika vandag ʼn meer oorvloedige samelewing, met meer toegang tot ekonomiese geleenthede en ʼn afname in die vlakke van armoede: SKOOLVOEDINGSSKEMA Sedert die skoolvoedingsprogram oorgeneem is deur die Onderwys department in 2004, is dit uitgebrei en word 9.2 miljoen skoolkinders op ʼn daaglikse basis gevoed. BEHUISING Tussen 1994 en 2013 het die regering meer as 2.7 miljoen huise gebou. KINDERSTERFTES Die tempo waarteen kinders jonger as 5 sterf, het gedaal vanaf 68 per 1000 geboortes in 2004 tot 41 in 2012. GELETTERTHEID HIV/VIGS In 1996 het 19.1 persent van alle volwassenes geen skoolopleiding ontvang nie. In 2011 het hierdie getal na 8.7 persent verminder. Suid-Afrika bestuur die wêreld se grootste antiretrovirale program met jaarliks meer as 500 000 nuwe pasiënte wat ARVs gebruik. SANITASIE Die aantal huishoudings met toegang tot spoel- of chemiese toilette het amper verdubbel vanaf 4.6 miljoen in 1996 tot oor die 9 miljoen in 2011. TOEGANG TOT WATER Die aantal huishoudings met toegang tot kraan water het toegeneem van 9.1 miljoen in 1996 tot 13.2 miljoen in 2011. BABASTERFTES Die tempo waarteen kinders jonger as 1 jaar sterf, het afgeneem vanaf 45 per 1000 lewende geboortes in 1994 tot 33 in 2012. BEHUISING 6 metros is geïdentifiseer om te deel in ʼn nuwe toekenning van R300 miljoen per jaar, om hul beplanningskapasiteit vir geïntegreerde behuising, te verbeter. Die regering het R899.2 miljoen in 2014/15 aan provinsies beskikbaar gestel om sanitasie- infrastruktuur op te gradeer. HOSPITALE Die fondse wat aan klinieke, hospitale en gemeenskapsfasiliteite bestee word sal tot R94 miljard in die 2016/17 finansiële jaar toeneem, vanaf R9 miljard in 2012/13. Voorkeur sal aan die opknapping van klinieke en hospitale gegee word. VERBETERINGS TOV SANITASIE Oor die volgende 2 jaar sal R1.9 miljard bestee word aan die totale uitfasering van die emmerstelsel en R15.4 miljard oor 3 jaar aan grootmaat infrastruktuur op streeksvlak. MAATSKAPLIKE TOELAES Die maatskaplike bystandsprogram is die regering se mees regstreekse manier om armoede te verlig. Oor die afgelope dekade het die aantal begunstigdes wat maatskaplike toelaes ontvang vanaf 7.7 miljoen in 2003/04 na 15.8 miljoen in 2013/14 verdubbel. Maatskaplike toelaes sal as volg verhoog word: 2013/14 2014/15 STAATSOUDERDOMSPENSIOEN 1 265 1 350 STAATSOUDERDOMSPENSIOEN, OUER AS 75 1 285 1 370 TOELAE VIR OUDSTRYDERS 1 285 1 370 ONGESKIKTHEIDSTOELAE 1 265 1 350 800 830 1 265 1 350 295 315 PLEEGSORG TOELAE SORGAFHANKLIKHEIDSTOELAE KINDERONDERHOUDSTOELAE Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids BUDGET 2014 Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids WERKSKEPPINGSINISIATIEWE DIE REGERING ONDERSTEUN WERKSKEPPING DEUR VERSKEIE INISIATIEWE: UITGEBREIDE OPENBARE WERKE PROGRAM Sedert sy bekendstelling in 2004, het hierdie program meer as 5 miljoen, hoofsaaklik korttermyn en deeltydse werksgeleenthede geskep. Die volgende fase behoort 6 miljoen werksgeleenthede te skep. GEMEENSKAPSWERK PROGRAM Hierdie program verseker dat deelnemers twee dae per week kan werk, of agt dae per maand, met die hooffokus om plaaslike ekonomiese aktiwiteit te genereer. INDIENSNEMING BELASTINGVOORDEEL Bekendgestel in Januarie 2014. Die aansporing subsidieer die salarisse van nuutgewerfde werkers tussen 18 en 29 jaar. NASIONALE JEUGDIENSPROGRAM Die program lei die jeug op om vakmanne te wees in die infrastruktuuromgewing. VERBETERING VAN DIE GEHALTE VAN PRIMÊRE GESONDHEIDSORG D ie regering voorsien primêre gesondheidsorg kosteloos en ander gesondheidsdienste teen gesubsidieerde tariewe aan arm Suid-Afrikaners. Oor die volgende drie jaar sal die regering: 1 2 3 R77 miljard spandeer aan primêre gesondheidsorg en R240 miljard aan staatshospitale. Die Kantoor vir die Nakoming van Gesondheidstandaarde in 2014/15 bekendstel as ʼn onafhanklike openbare entiteit verantwoordelik om gesondheidsfasiliteite te inspekteer. ʼn Verdere R600 miljoen toeken vir die bekendstelling van die nuwe Menslike Papilloomvirus entstof, wat kanker van die serviks voorkom. 4 ʼn Verdere R1 miljard toewys aan die HIV/VIGS voorwaardelike toekenning in 2016/17 om met die implementering van antiretrovirale behandeling voort te gaan. ʼn Totaal van 2.5 miljoen mense is tans onder behandeling, en 500 000 nuwe pasiënte sal na verwagting elke jaar by die program bygevoeg word. Infrastruktuur aan die loodsdistrikte wat die Nasionale Gesondheidsorgversekering implementeer versnel, sowel as die kontrakte van algemene praktisyns. R19.3 miljard sal bewillig word vir die opknap van klinieke en hospitale en R1.2 miljard vir die kontrakte van algemene praktisyns. WAAR DIE GELD VANDAAN KOM BELASTINGINKOMSTE PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING KORPORATIEWE INKOMSTEBELASTING BTW DOEANEBELASTING BRANDSTOFHEFFINGS ANDER TOTAAL 2013/14 % 335,9 MJD 198,9 MJD 267,2 MJD 81,4 MJD 47,5 MJD 62,7 MJD 993,7 MJD 33,8 20,0 26,9 8,2 4,8 6,3 100,0 HOEVEEL ONS LEEN/ TERUG BETAAL S uid-Afrika verkry inkomste deur belastings te hef. As die inkomste wat gevorder word minder is as die beplande uitgawes, leen die regering die verskil. Vir die 2014/15 jaar, het die regering geraam dat belastinginvorderings R1.099 triljoen sal beloop terwyl uitgawes op R1.25 triljoen geraam is. Die regering sal dus R153.1 miljard van plaaslike en oorsese beleggers moet leen deur skuldbriewe uit te reik. As gevolg van die verswakking in belastinginkomste het die regering se skuld van 5.26 miljard in 2008/09 na R1.6 triljoen teen die einde van 2014/15 toegeneem. Staatskuldkoste het aansienlik toegeneem vanaf R54.4 miljard in 2008/09 en sal R139.2 miljard teen 2016/17 bereik. Hierdie toename in die skuldlas beteken dat meer geld gespandeer word om skuld te diens, in plaas daarvan om prioriteitsprojekte soos infrastuktuur, onderwys, gesondheid en werkskeppingsinistiatiewe te finansier. Die regering is deeglik bewus van die risikos wat verband hou met hoë skuld en wil hê dat departmente meer doeltreffend met openbare fondse moet werk en vermorsing moet verminder. HOE SAL DIT BESTEE WORD Verdediging R48 MJD Ander R118 MJD Maatskaplike beveiliging R144 MJD 5 Ekonomiese infrastruktuur R93 MJD Ekonomiese dienste R50 MJD Wetenskap, tegnologie en omgewingssake R19 MJD Onderwys R254 MJD Behuising en gemeenskapsontwikkeling geriewe R143 MJD Openbare orde en veiligheid R116 MJD Gesondheid R146 MJD Werkskepping en maatskaplike bestaansbeveiliging R57 MJD Algemene openbare dienste R65 MJD Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids 3 BUDGET 2014 VOBEL 20 OR AS 14 ST TIN EL G LE Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids DAVIS BELASTING KOMITEE: KLEINSAKE-ONDERNEMINGS KRY ’N HUPSTOOT K leinsake-ondernemings word op progressiewe belastingkoerse belas. Hierdie verligting spreek nie belastingnakomingskoste aan nie en bevoordeel slegs winsgewende ondernemings. Die Davis Belasting Komitee beveel aan dat die bestaande progressiewe belastingkoers struktuur vervang word met ‘n belastingnakomingskorting vir klein en medium ondernemings wat getrou belasting betaal. ‘n Verdere aanbeveling van die komitee is om die omsetbelasting vir mikro-ondernemings te behou. Dit beveel egter aan dat die vlak van belasbare omset teen ‘n nul belastingkoers verhoog word en dat die maksimum belastingkoers van 6 tot 5 persent verminder word. Openbare oorlegpleging oor hierdie aanbevelings sal binnekort begin. BELASTINGVERTABAK, LIGTING VIR INDIVIDUELE ALKOHOL BELASTINGBETALERS AKSYNS- D ie begroting maak voorsiening vir persoonlike inkomstebelastingverligting van R9.25 miljard vir individuele belastingbetalers. Persoonlike inkomste belastingkerwe en –kortings is aangepas om verligting te gee vir die effek van inflasie. Belastingverligting is so gestruktureer dat belastingbetalers wat minder as R350 000 per jaar verdien die grootste voordeel sal ontvang. BELASTINGDREMPELS Onder die ouderdom van 65 Ouderdom 65 en ouer Ouderdom 75 en ouer Hierdie groep belastingbetalers sal voordeel trek uit 56 persent van die belastingverlingting, terwyl belastingbetalers wat tussen R350 000 en R750 000 verdien, 30 persent van die belastingverligting ontvang. Die bedrag wat ’n persoon moet verdien voordat van hulle verwag word om belasting te betaal, is vir die belastingjaar wat van 1 Maart 2014 to 28 Februarie 2015 strek, soos volg verhoog: BELASTINGJAAR: 2013/14 R67 111 R104 611 R117 111 BELASTINGJAAR: 2014/15 R70 700 R110 200 R123 350 Die korting (die vermindering in die belasting wat jy moet betaal) vir individuele belastingbetalers is ook soos volg verhoog: BELASTINGKORTINGS Primêr (vir alle individue) Sekondêr (ouderdom 65 en ouer) Tersiêr (ouderdom 75 en ouer) BELASTINGJAAR: 2013/14 R12 080 R6 750 R2 250 BELASTINGJAAR: 2014/15 R12 726 R7 110 R2 367 WAT DIE NUWE BELASTINGTARIEWE VIR JOU SAK SAL BETEKEN O 4 Aksynsbelasting op alkoholiese drank (spesifiek die van bier, vonkelwyn en sterk drank) sal met tussen 6.2 en 12 persent verhoog. Daar is geen verhoging in die aksynsbelasting op tradisionele Afrikabier en bierpoeier nie. Die stygings in aksynsbelasting is as volg: NEEM TOE MET: Moutbier 9c per 340ml blikkie Ongefortifiseerde wyn 13c per 750ml bottel Geforitfiseerde wyn 27c per 750 ml bottel Vonkelwyn 62c per 750 ml bottel Appelwyn en alkoholiese vrugte drankies 9c per 330ml bottel Sterk drank R4.76 per 750 ml bottel Sigarette 68c per pakkie van 20 Sigarettabak 87c per 50g Pyptabak 9c per 25g Sigare R5.11 per 23g Belasting betaalbaar vir die belastingjaar wat 28 Februarie 2015 eindig BELASBARE INKOMSTE VAN INDIVIDUE (R) BELASTING BETAALBAAR (R) 0 tot 174 550 174 551 tot 272 700 272 701 tot 377 450 377 451 tot 528 000 528 001 tot 673 100 673 101 en meer 18% van belasbare inkomste 31 419 + 25% van belasbare inkomste bo 174 550 55 957 + 30% van belasbare inkomste bo 272 700 87 382 + 35% van belasbare inkomste bo 377 450 140 047 + 38% van belasbare inkomste bo 528 000 195 212 + 40% van belasbare inkomste bo 673 100 Trusts, uitgesluit spesiale trusts Belastingskaal van: 40% BELASTINGTOEGEWINGS VIR SPAARPLANNE m individue aan te moedig om deur belastingvoorkeur spaarrekeninge te spaar, sal belastingvrystellings tov rente, dividende en kapitaalwins vir beleggings van minder as R30 000 per jaar per individu, toegestaan word. Beleggings in bankdeposito’s, kollektiewe beleggingskemas, beurshandel fondse en kleinhandel spaareffekte sal voortaan deur banke, batebestuurders, BELASTING STYG lewensversekeraars en makelaars op hierdie spaarrekenings aangebied mag word. Verdere besonderhede sal in die loop van die volgende 12 maande beskikbaargestel word. Enkelbedragbetalings deur aftreefondse word belas deur die gebruik van ander belastingskale as dié wat op normale belasbare inkomste van toepassing is. Die tariewe vir hierdie enkelbedrae sal aangepas word om gevalle te beperk waar daar van laer inkomste belastingbetalers verwag word om belasting op enkelbedrae te betaal. Dit geld vir gevalle waar sulke belasting betalers nie bevoordeel is deur ‘n aftrekking vir bydraes tot die aftreefonds nie, omrede hul belasbare inkomste onder die belastingvrye drumpel geval het. Hierdie aanpassings sal tot gevolg hê dat ‘n enkelbedrag betaalbaar by aftrede belastingvry sal wees indien die bedrag R500 000 of minder is. TOENAMES IN BRANDSTOFHEFFINGS Die algemene brandstofheffing en die Padongelukkefondsheffing sal met 12c per liter en 8c per liter onderskeidelik vanaf 2 April 2014 verhoog. Dit sal die algemene brandstofheffing op brandstof opstoot na R2.25 per liter vir brandstof en R2.10 per liter vir diesel. HET JY HIERDIE PUBLIKASIE NUTTIG GEVIND SMS JA OF NEE NA 50c per sms. Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
© Copyright 2024 ExpyDoc