WatterWyn WYN VAN DIE PROE in samewerking met Paarl Backsberg Pumphouse Shiraz 2008 Diep donkerrooi kleur. Daar is heerlike bessiegeure en speserye op die neus en die geure ontwikkel op die palet met bykomende sjokolade, ment en fynbos. Die wyn is goed gestruktureerd en mooi in balans, met ryk geure op die nasmaak. Heerlik vir ’n vyfjaar oue wyn. Shiraz 1/2 R114,95 4 3 3 Boplaas Portuguese Connection Red blend 2011 Diep, helder robynrooi kleur. Volop rooibessie- en rooi appelgeure kom op die neus voor. Dieselfde geure volg op die smaak en word aangevul deur liquorice en soet, ryp vrugtegeure. Die wyn het ’n mooi balans tussen die vrug en tanniene en het ’n talmende nasmaak. Rooi versnit 1/2 R54,95 3 : Puik (17/20) Ligte strooigeel kleur. Daar is ligte, aromatiese geure van perske en sitrus op die neus en die wyn het ’n goeie konsentrasie en hout integrasie. Dit vertoon soeterig en die ryp vrugtegeure op die palet is goed gebalanseerd en het ’n sappige nasmaak. Wit versnit 1/2 R69,95 The Spaniard Red blend 2012 Diep, donker robynrooi kleur. Prominente geure van pruime en kersies word gevolg deur ryk vrugtegeure op die smaak. Dit het ’n sagte, romerige smaak en goeie vrug/hout-balans. Daar is effense ‘groen’ geure op die palet en die wyn eindig mediumvol. Merlot 1/2 R129,95 1/2 De Morgenzon White 2011 3 Shannon Merlot 2011 4 3 4 Ligte strooigeel kleur. Hierdie Chardonnay het delikate aromas van wit perske en sitrus, met meer vrugtegeure en vanielje op die palet. Dit het ’n redelike vrug/suur-balans en eindig droog, met die hout wat effens oorheers. Chardonnay 1/2 R39,95 Strooigeel kleur, met sagte tropiese vrugte-geure en ’n tikkie heuning en byewas. Die sagte vrugtegeure word op die palet voortgesit en die wyn het ’n goeie vrug/ suur-balans. Dit eindig mediumvol. Wit versnit 1/2 R69,95 : Voortreflik (18+/20) Baie ligte salmpienk kleur. Dié MCC het lewendige borrels en ’n goeie mousse. Koejawel, rooi appel en rooi bessies kom op die neus voor, met nóg bessiegeure op die palet. Dit het ’n goeie vrug/suur-balans en mediumvol lengte. Daar is egter effense oksidasie op die smaak. MCC 1/2 R99,95 Ligte strooigeel kleur. Dit het pragtige vars Sauvignon Blanc-geure, veral groen soetrissie. Dié geure word op die palet ondersteun deur pynappel, kiwivrug en appelliefie. Die wyn is vars en geurig, met ’n goeie vrug/suurbalans en ryk smaak. Sauvignon Blanc R99,95 Weltevrede Vanilla Chardonnay 2012 Ken Forrester Reserve Chenin Blanc 2012 5 Simonsig Pinot Noir Rosé MCC 2011 La Motte Pierneef Sauvignon Blanc 2013 Intense robynrooi kleur. Rooibessie-geure word aangevul deur fynbos en ’n titsel sjokolade. Die wyn het ’n mooi balans tussen die vrug en tanniene en die goeie gebruik van hout dra by tot ’n sagte, aangename nasmaak. Rooi versnit 1/2 R54,95 3 4 : Uitstekend (16/20) 3 1/2 : Baie goed/belowend (15/20) 3 3 Woolworths Spumanté Doux N/V Ligte strooigeel kleur. Vars geure van lemoenbloeisels en muskaat kom op die neus en smaak voor. Die wyn is vars en vrugtig, met baie mousse en ’n mooi vrug/suiker/suurbalans. Geniet yskoud! Vonkelwyn 1/2 R46,95 Strooigeel kleur. Dit het ligte, aromatiese geure met ’n titsel lentebloeisels. Minder geure kom op die palet voor en die wyn het ’n ongebalanseerde suur. Dit eindig dun en kort op die smaak. Skaars wit kultivar R42,95 Delheim Pinotage/ Shiraz Rosé 2013 Donker salmpienk kleur. ’n Verskeidenheid rooibessiegeure, soos soet aarbeie en kersies, kom op die neus en palet voor. Daar is ’n mooi balans tussen die vrug en suur en die wyn het ’n effense soeterigheid op die nasmaak. Rosé R44,95 3 Raats Granite Blocks Cabernet Franc 2010 Diep robynrooi kleur. Dit het ’n skaam neus, met ligte bloubessie- en pruimgeure. Soeterige speserye kom op die palet by, maar daar is heelwat tanniene op die nasmaak wat die vrug oorheers en die wyn op ’n droë noot laat eindig. Skaars rooi kultivar R139,95 3 Tel +27 21 877 6200 [email protected] www.paarlmedia.co.za Bennie Howard – Sameroeper Charles Hopkins Hymli Krige Carmen Stevens Elona Hesseling Narina Cloete – Quoin Rock wynmaker 3 Nederburg Winemaster’s Reserve Cabernet Sauvignon 2011 : Karaktervol, aantreklik (14/20) So many choices of wines but when it comes to labels, the choice is clear... Paneel Van Loveren Longmarket Pinot Grigio 2012 3 Labels Diep donkerrooi kleur. Die neus het heelwat kersieen bessiegeure, asook potloodskaafsels. Redelike vrugtegeure word voortgesit op die smaak, met heelwat tanniene wat deurkom. Die wyn eindig mediumvol en het ’n droë nasmaak. Cabernet Sauvignon R64,95 3 Bellevue Pinotage 2012 Helderrooi kleur, met ’n bietjie pruim- en speserygeure op die neus. Daar is heelwat tanniene op die smaak, wat die wyn se vrug oorheers en lei tot ’n ongebalanseerde smaak. Die wyn eindig effens bitter, met ’n vreemde nasmaak. Pinotage R74,95 2 Só werk dit Lede van die proepaneel, permanent of ’n gas, koop om die beurt wyne aan by ’n verkoopspunt van sy/haar keuse. Die wyne word aangekoop in 10 kategorieë (indien beskikbaar), met ’n begroting van R2 000 (BTW inkl). Die kleinhandelaar en aankooppryse word genoem. Die proeë vind plaas by ’n sentrale, neutrale punt, naamlik Nietvoorbij, wat hul fasiliteite goedgunstiglik beskikbaar stel. Wyne aangekoop by Woolworths Waterstone, Somerset-Wes, deur Hymli Krige.
© Copyright 2025 ExpyDoc