2014 Wiskunde onderwerpe

Onderwerpe wat gedek word in die 2014 Conquesta Olimpiades – Wiskunde Graad 7
Ons verskaf ʼn lys van die onderwerpe wat gedek word in die Wiskunde vraestelle vir 2014 om sodoende jul studente
vroegtydig goed genoeg voor te berei vir die vraestelle.
Die magdom onderwerpe moet jul nie afskrik nie, want ons het genoeg inligting en wenke ingesluit op die
vraestelle om die studente aan te moedig en te help. Baie van die vrae verlang net eenvoudige algemene logika
en basiese probleemoplossingsvaardighede. Daar mag dalk slegs een of twee vrae per onderwerp wees.
Ons beveel sterk aan dat jul ook gebruik maak van ons ou vraestelle as afrigtingsmiddel, om die studente gewoond te
maak aan die styl van vraagstelling in ons Wiskunde Olimpiades.
Onthou, Wiskunde 1 is op ʼn hoër moeilikheidsgraad - Wiskunde 2 is standaardgraad.
2014 Wiskunde 1 – Graad 7
2014 Wiskunde 2 – Graad 7
Moet geleer het van:Telgetalle – ewe en onewe, priemgetalle, heelgetalle,
afronding, negatiewe en positiewe getalle
Uitgebreide notasie en plekwaarde
Hoeke: – berekening van grade sonder die gebruik van ‘n
gradeboog; soorte hoeke: regte, inspringende hoeke,
binne en buitehoeke
Driehoeke – gelykbenige, gelyksydige, som van hoeke van ‘n
driehoek is 180º
Meting – volume, massa, lengte, afstand, oppervlakte
Eenvoudige vergelykings en algebraïese vergelykings
Getalsinne, patrone, reekse
Breuke – deel van breuke, desimale vorm van breuke;
vergelyking van breuke met persentasies, inverse
bewerkings
Desimale getalle; gemengde breuke
Vind die waarde van bv. 2x
Tyd
Temperature + en
grade
Vergelykings pas by probleme / probleemoplossing
Nette
Moet geleer het van:Uitgebreide notasie en plekwaarde
Telgetalle – faktore, priemgetalle, ewe en onewe getalle,
negatiewe en positiewe getalle
Towergetalle op ‘n towerwiel
Verandering van breuke na desimale
Breuke – gemengde getalle en desimale getalle herleiding en vergelyking – maak gebruik van alle
bewerkings en vereenvoudiging, inverse bewerkings
Hoeke: – berekening van grade sonder die gebruik van ‘n
gradeboog; soorte hoeke: regte, aangrensende, inspringende,
supplementêre, komplementêre, binne en buitehoeke
Driehoeke – ongelyksydige, gelykbenige, reghoekige
driehoeke; som van hoeke van ‘n driehoek is 180º
Vind die waarde van bv.2n
Eenvoudige vergelykings en algebraïese vergelykings
Getalsinne, patrone, reekse
Persentasies
Getalle lyne
Mag van (bv. 32)
Vind die waarde van bv. x
Tyd
Waarskynlikheid; verhouding
Vierkantsgetalle; vierkantswortel en sy simbool
Meting – inhoud(kapasiteit), massa, lengte, oppervlakte,
afstand,
Vergelykings pas by probleme / probleemoplossing
Simmetrie
Moet weet wat die volgende uitdrukkings beteken:Bewerkings (÷ x + –) en die reël van HADVOA (sien onder)
Simbole (< > = ≈ )
Kubus en reghoekige prisma
Moet die volgende formules ken:Berekening van gemiddelde, mediaan en omvang
Omtrek en oppervlakte van ‘n sirkel
Omtrek en oppervlakte van ‘n driehoek, reghoek en vierkant
Bereken die volume van ‘n reghoekige prisma
Bereken die onbekende hoekgroottes in grade in platvlakke
Moet die volgende kan lees:Tabel of lys van inligting of data
Piktogramme
Getallelyne
Koördinate op ‘n rooster
Sirkeldiagramme
Sien Bladsy 5 vir
tutoriaal oor hoeke
om studente te help.
Moet weet wat die volgende uitdrukkings beteken:Bewerkings (÷ x + –) en die reël van HADVOA (sien onder)
Simbole (< > = ≈ )
Produk
Parallelogram, vierhoek, veelhoek, ruit (rhombus), heksagoon
Kleinste gemene veelvoud
Moet die volgende formules ken:Berekening van gemiddelde en mediaan
Omtrek en oppervlakte van ‘n sirkel
Omtrek en oppervlakte van ‘n reghoek, driehoek en vierkant
Volume van ‘n vierkantige vaste liggaam
Bereken die onbekende hoekgroottes in grade in platvlakke
Moet die volgende kan lees:Getallelyne
Grafieke en sirkeldiagramme
Tabel of lys van inligting of data
Piktogramme
Koördinate op ‘n rooster
Reël van HADVOA
Elke letter in die woord, H A D V O A, staan vir ʼn bewerking, en is die volgorde waarin ʼn getalsin uitgewerk moet word.
Bereken eerstens alles wat in Hakies is, dan Ander (vierkantswortels, mag van, ens.), dan Deel en Vermenigvuldiging
(van links na regs want hulle is gelykstaande), dan Optelling en Aftrekking (van links na regs want hulle is gelykstaande).
As die getalsin soos 3 bewerkings gebruik, maak seker hul word bereken in die regte volgorde.
Onderwerpe wat gedek word in die 2014 Conquesta Olimpiades – Wiskunde Graad 6
Ons verskaf ʼn lys van die onderwerpe wat gedek word in die Wiskunde vraestelle vir 2014 om sodoende jul studente
vroegtydig goed genoeg voor te berei vir die vraestelle.
Die magdom onderwerpe moet jul nie afskrik nie, want ons het genoeg inligting en wenke ingesluit op die
vraestelle om die studente aan te moedig en te help. Baie van die vrae verlang net eenvoudige algemene logika
en basiese probleemoplossingsvaardighede. Daar mag dalk slegs een of twee vrae per onderwerp wees.
Ons beveel sterk aan dat jul ook gebruik maak van ons ou vraestelle as afrigtingsmiddel, om die studente gewoond te
maak aan die styl van vraagstelling in ons Wiskunde Olimpiades.
Onthou, Wiskunde 1 is op ʼn hoër moeilikheidsgraad - Wiskunde 2 is standaardgraad.
2014 Wiskunde 1 – Graad 6
2014 Wiskunde 2 – Graad 6
Moet geleer het van:Uitgebreide notasie en plekwaarde
2
Mag van (bv. 8 )
Breuke - gemengde getalle en desimale getalle – herleiding
en vergelyking – maak gebruik van alle bewerkings
en vereenvoudiging
Hoeke – berekening van grade sonder die gebruik van ‘n
gradeboog; skerp- en stomphoeke, inspringende
hoeke, regte en gestrekte hoeke
Driehoeke – ongelyksydige, gelykbenige, gelyksydige,
reghoekige driehoeke; som van hoeke van ‘n
driehoek is 180º
Eenvoudige vergelykings en algebraïese vergelykings
Getalsinne, patrone, reekse
Vergelykings pas by probleme / probleemoplossing
Persentasies
Verhouding
Meting (lengte, afstand en oppervlakte)
Rotasie (rigting en hoek van rotasie)
Vind die waarde van bv. x
Geld
Nette
Vorms – vlakke en rande
Moet geleer het van:Telgetalle
Inverse bewerkings
Uitgebreide notasie, plekwaarde
Breuke – gemengde getalle en desimale getalle herleiding en vergelyking – maak gebruik van alle
bewerkings en vereenvoudiging
Persentasies
Hoeke – berekening van grade sonder die gebruik van ‘n
gradeboog; regte, gestrekte, stomp-, skerp- en
inspringende hoeke
Driehoeke – gelyksydige, reghoekige driehoeke;
skerphoekige driehoeke; som van hoeke van ‘n
driehoek is 180º
Eenvoudige vergelykings en algebraïese vergelykings
Oop getalsinne, patrone, reekse
Vind die waarde van bv. 2y of x
2
Mag van (bv. 8 )
Waarskynlikheid, verhouding
Tyd
Meting ( massa, afstand, balanseer die skale,
skaaltekeninge)
Veelhoeke – pentagoon(vyfhoek),heksagoon(seshoek)
Vergelykings pas by probleme / probleemoplossing
Moet weet wat die volgende uitdrukkings beteken:Bewerkings (÷ x + –) en die reël van HADVOA (sien onder)
Simbole (< > = ≠ )
Omtrek, radius, middellyn
Parallel, horisontaal
Ruit (rhombus)
Moet die volgende formules ken:Berekening van gemiddelde en mediaan
Bereken die onbekende hoekgroottes in grade in platvlakke
Omtrek en oppervlakte van sirkel
Omtrek en oppervlakte van platvlakke
Moet die volgende kan lees:Piktogramme
Tabel of lys van inligting of data
Sirkeldiagramme
Koördinate op ‘n rooster – positief en negatief
Moet weet wat die volgende uitdrukkings beteken:Bewerkings (÷ x + –) en die reël van HADVOA (sien onder)
Simbole (< > = ≠ )
Deeltal ÷ deler = kwosiënt; res
Vermenigvuldiger x vermenigvuldigtal = produk
Som; verskil
Trapesium; parallelogram
Moet die volgende formules ken:Berekening van gemiddelde en mediaan
Oppervlakte van ‘n vorm in eenhede
Omtrek van ‘n vorm in eenhede
Moet die volgende kan lees:Tabel of lys van inligting of data
Piktogramme
Grafieke
Reël van HADVOA
Elke letter in die woord, H A D V O A, staan vir ʼn bewerking, en is die volgorde
waarin ʼn getalsin uitgewerk moet word. Bereken eerstens alles wat in Hakies
is, dan Ander (vierkantswortels, mag van, ens.), dan Deel en
Vermenigvuldiging (van links na regs want hulle is gelykstaande), dan
Optelling en Aftrekking (van links na regs want hulle is gelykstaande). As die
getalsin soos 3 bewerkings gebruik, maak seker hul word bereken in die regte
volgorde.
Sien Bladsy 5 vir
tutoriaal oor hoeke
om studente te help.
Onderwerpe wat gedek word in die 2014 Conquesta Olimpiades – Wiskunde Graad 5
Ons verskaf ʼn lys van die onderwerpe wat gedek word in die Wiskunde vraestelle vir 2014 om sodoende jul studente
vroegtydig goed genoeg voor te berei vir die vraestelle.
Die magdom onderwerpe moet jul nie afskrik nie, want ons het genoeg inligting en wenke ingesluit op die
vraestelle om die studente aan te moedig en te help. Baie van die vrae verlang net eenvoudige algemene logika
en basiese probleemoplossingsvaardighede. Daar mag dalk slegs een of twee vrae per onderwerp wees.
Ons beveel sterk aan dat jul ook gebruik maak van ons ou vraestelle as afrigtingsmiddel, om die studente gewoond te
maak aan die styl van vraagstelling in ons Wiskunde Olimpiades.
Onthou, Wiskunde 1 is op ʼn hoër moeilikheidsgraad - Wiskunde 2 is standaardgraad.
2014 Wiskunde 1 – Graad 5
2014 Wiskunde 2 – Graad 5
Moet geleer het van:Telgetalle, priem- en saamgestelde getalle
Uitgebreide notasie, plekwaarde en afronding
Breuke – gemengde getalle en desimale getalle herleiding en vergelyking – maak gebruik van
alle bewerkings en vereenvoudiging
Hoeke – regte, gestrekte, stomp- en skerphoeke
Driehoeke – gelyksydige
Simmetrie
Getalle lyne
Persentasie
2
Mag van (bv. 8 )
Eenvoudige vergelykings en algebraïese vergelykings
Getalsinne, patrone, raaisels, reekse
Tyd
Waarskynlikheid / skatting
Meting (afstand, oppervlakte, vergelyk gewigte met
voorwerpe)
Vind die waarde van bv. x
Vergelykings pas by probleme / probleemoplossing
Moet geleer het van:Telgetalle, gemeenskaplike faktore, kleinste gemene
veelvoude
Uitgebreide notasie, plekwaarde, afronding
Breuke – gemengde getalle en desimale getalle herleiding en vergelyking – maak gebruik van
alle bewerkings en vereenvoudiging
Getalsinne, patrone en reekse
Hoeke – regte hoeke
Tyd
Meting (lengte, massa, afstand)
Simmetrie lyne
Skatting
Vergelykings pas by probleme / probleemoplossing
Moet weet wat die volgende uitdrukkings beteken:Bewerkings (÷ x + –) en die reël van HADVOA (sien onder)
Produk
Ruit(rhombus), trapesium, heksagoon(seshoek), vierhoek
Moet die volgende formules ken:Oppervlakte en omtrek van ‘n vierkant, reghoek en
driehoek
Berekening van gemiddelde
Die som van die hoeke van ‘n vierhoek is 360º
Die som van die hoeke van ‘n driehoek is 180º
Bereken die onbekende hoekgroottes in grade in platvlakke
Moet weet wat die volgende uitdrukkings beteken:Bewerkings (÷ x + –) en die reël van HADVOA (sien onder)
Koord, radius, middellyn, omtrek van ‘n sirkel
Heksagoon(seshoek), sfeer, silinder, keël, kubus,
reghoekige prisma
Parallel
Deeltal ÷ deler = kwosiënt; res
Moet die volgende formules ken:Oppervlakte van ‘n reghoek en ‘n vierkant
Omtrek en oppervlakte van ‘n vorm in eenhede
Moet die volgende kan lees:Tabel of lys van inligting of data
Grafieke
Piktogramme
Koördinate op ‘n rooster
Moet die volgende kan lees:Tabel of lys van inligting of data
Piktogramme
Sirkeldiagramme
Getalle lyne – positiewe en negatiewe getalle
Reël van HADVOA
Elke letter in die woord, H A D V O A, staan vir ʼn bewerking, en is die volgorde
waarin ʼn getalsin uitgewerk moet word. Bereken eerstens alles wat in Hakies
is, dan Ander (vierkantswortels, mag van, ens.), dan Deel en
Vermenigvuldiging (van links na regs want hulle is gelykstaande), dan
Optelling en Aftrekking (van links na regs want hulle is gelykstaande). As die
getalsin soos 3 bewerkings gebruik, maak seker hul word bereken in die regte
volgorde.
Sien Bladsy 5 vir
tutoriaal oor hoeke
om studente te help.
Onderwerpe wat gedek word in die 2014 Conquesta Olimpiades – Wiskunde Graad 4
Ons verskaf ʼn lys van die onderwerpe wat gedek word in die Wiskunde vraestelle vir 2014 om sodoende jul studente
vroegtydig goed genoeg voor te berei vir die vraestelle.
Die magdom onderwerpe moet jul nie afskrik nie, want ons het genoeg inligting en wenke ingesluit op die
vraestelle om die studente aan te moedig en te help. Baie van die vrae verlang net eenvoudige algemene logika
en basiese probleemoplossingsvaardighede. Daar mag dalk slegs een of twee vrae per onderwerp wees.
Ons beveel sterk aan dat jul ook gebruik maak van ons ou vraestelle as afrigtingsmiddel, om die studente gewoond te
maak aan die styl van vraagstelling in ons Wiskunde Olimpiades.
Onthou, Wiskunde 1 is op ʼn hoër moeilikheidsgraad - Wiskunde 2 is standaardgraad.
2014 Wiskunde 1 – Graad 4
2014 Wiskunde 2 – Graad 4
Moet geleer het van:Telgetalle – faktore
Uitgebreide notasie, plekwaarde, afronding
Breuke – gemengde getalle, onegte breuke en desimale
getalle - optelling, vergelyking
Hoeke – regte hoeke
Getalle lyne
Getalsinne, patrone, raaisels, reekse
Vermenigvuldiging en deling
Meting (lengte, massa, oppervlakte, afstand)
Towergetalle
Tyd
Skattings
Refleksie / simmetrie
Vergelykings pas by probleme / probleemoplossing
Moet geleer het van:Telgetalle – gemeenskaplike veelvoude ewe en
onewe getalle
Uitgebreide notasie, plekwaarde, afronding
Breuke – gemengde getalle, onegte breuke en desimale
getalle - optelling, vergelyking
Patrone en reekse
Nette
Tyd
Geld
Refleksie / simmetrie
Meting (lengte, massa, afstand)
Vergelykings pas by probleme / probleemoplossing
Vorms, platvak, vaste liggame en prismas, pas vorms
Moet weet wat die volgende uitdrukkings beteken:Bewerkings (÷ x + –) en die reël van HADVOA (sien onder)
Res (by deling)
Verskil
Parallel
Radius
Moet die volgende formules ken:Oppervlakte en omtrek van ʼn vierkant.
Moet die volgende kan lees:Tabel of lys van inligting of data
Getalle lyne met desimale punte
Piktogramme
Towerdriehoeke
Venndiagramme
Moet weet wat die volgende uitdrukkings beteken:Bewerkings (÷ x + –) en die reël van HADVOA (sien onder)
Res (by deling)
Dosyn
Heksagoon
Moet die volgende formules ken:Oppervlakte van ʼn platvak in vierkante eenhede
Oppervlakte van ʼn kubieke voorwerp in kubieke eenhede
Moet die volgende kan lees:Tabel of lys van inligting of data
Piktogramme
Reël van HADVOA
Elke letter in die woord, H A D V O A, staan vir ʼn bewerking, en is die volgorde
waarin ʼn getalsin uitgewerk moet word. Bereken eerstens alles wat in Hakies
is, dan Ander (vierkantswortels, mag van, ens.), dan Deel en
Vermenigvuldiging (van links na regs want hulle is gelykstaande), dan
Optelling en Aftrekking (van links na regs want hulle is gelykstaande). As die
getalsin soos 3 bewerkings gebruik, maak seker hul word bereken in die regte
volgorde.
Sien Bladsy 5 vir
tutoriaal oor hoeke
om studente te help.
Tutoriaal oor Hoeke
skerp
regte
stomp
gestrekte
Inspringende
(reflekse)
ʼn skerphoek is kleiner as 90º
omwenteling
Diagram om te onthou
ʼn Regte hoek (vierkant) is presies gelyk aan 90º
regte (90º)
ʼn Stomphoek is groter as 90º, maar kleiner as 180º
ʼn Gestrekte hoek (lyn) is presies 180º
stomp
skerp
0º
180º
ʼn Inspringende (reflekse) hoek is groter as 180º, maar kleiner as 360º
inspringend
ʼn Volle omwenteling (sirkel) is presies 360º
Gebruik die diagam regs om te onthou.
Komplementêre en Supplementêre Hoeke
.
Twee hoeke wat saam 180º is, word
supplementêre hoeke genoem.
Twee hoeke wat saam 90º is, word
komplementêre hoeke genoem.
Die hoeke kan
verbind word
deurdat hul ‘n
‘arm’ deel om ‘n
gestrekte hoek
te vorm.
Die hoeke kan
verbind word
deurdat hul ‘n
‘arm’ deel om ‘n
regte hoek te
vorm.
Arm
Arm
of hul kan
langsmekaar
geteken word
sonder dat hul
raak.
of hul kan
langsmekaar
geteken word
sonder dat hul
raak.
Al wat nodig is,is dat hul som moet 180º
wees om supplementêre hoeke te wees.
Al wat nodig is, is dat hul som moet 90º
wees om komplementêre hoeke te wees.
As twee lyne deur ʼn ander lyn gesny word (dit word die
snylyn genoem), word die ooreenstemmende hoeke,
ooreenkomstige hoeke genoem.
In die voorbeeld regs, is die ooreenkomstige hoeke:• a en e
• b en f
• c en g
• d en h
snylyn